MIAULI 7: Die konsert

Vanaand is die groot aand wat die diere hulle konsert opvoer in die Musiekeiland Ouditorium. Natuurlik gaan Miauli en Veertjies ook kyk. Die koor sing, en dan is daar ook 'n toneelstuk op die planke, getiteld "Die Tandemuis". Miauli en Veertjies lag lekker saam met die gehoor vir die prettige toneelstuk waarin Hasie een van sy tande verloor wanneer hy op 'n suigstokkie byt, en dan het hy 'n tand wat hy in 'n skoen kan sit. Soos julle weet, kom die tandemuis dan in die nag en verruil die tand vir 'n muntstuk! Sal dit ook so vir Hasie gebeur? Geniet die avonture van Miauli op Miauli.Com.

Load more...