MIAULI 6: Ons bak pannekoek!

Dit reën vandag en Miauli kan nie buitekant toe gaan nie want die weer is te swaar. Dan sien Miauli vir Oom Woef en Hermanus in die reën hardloop, en Miauli skree vir hulle om eers 'n bietjie binnetoe te kom tot die reën oor is. Oom Woef het sy resepteboek onder die arm, want hulle kom nou net van die konsertoefening af en Oom Woef doen die spyseniering daar. Nou kan Miauli-hulle lekker in die resepteboek lees hoe om pannekoek te maak, want pannekoek smaak heerlik as dit reën. Knapie die apie word gelok deur die geur wat die wêreld vol versprei, en gou is hulle almal lekker aan die kuier en pannekoek eet. Geniet die avonture van Miauli op Miauli.Com.

Load more...