MIAULI 5: Ons maak tuin

Miauli het 'n paar pakkies saad by 'n winkel gekry, en nou is hy besig om dit op die grond te strooi voor sy huis. Veertjies kom daar aan en stel voor dat hulle eerder 'n bedding maak en die saad dan daarin plant. Maar Hermanus kom gou weer daar aan om sy been te begrawe, en krap al Miauli en Veertjies se blomsaad weer oop. Hulle besef hulle sal 'n heining moet omspan as hulle graag hulle blomme wil sien opkom. Geniet die avonture van Miauli op Miauli.Com.

Load more...