MIAULI speelfilm: WELKOM OP MUSIEKEILAND!

Miauli die kat is 'n seevaarder wat met sy skip die wêreld verken. Op 'n dag ontmoet hy 'n voëltjie wat hom vertel van Musiekeiland, 'n plek waar die diere pragtig sing. Miauli besluit hy wil gaan kyk hoe lyk dit daar. Maar die pad soontoe is nie sonder stampe en stote nie - letterlik stampe en stote, want 'n reuse seeslang besluit om met Miauli se skip te speel! Uiteindelik kom Miauli en Veertjies tog op Musiekeiland aan. Wat sal hulle daar vind, en hoe gaan hulle daar aanpas? Hierdie film se tydsduur: Ongeveer 35 minute. Kom kyk na al die ander dinge wat Miauli aanvang op Miauli.Com !

Load more...